Die vroulike liggaam het pragtige kurwes wat elke vrou besonders en uniek makk, maar tog wens die meeste vroue gedurig dat hulle net ‘n paar kilograqm ligter kan lyk. Vir diegene wat hierdie illusie nastreef, is daar goeie nuus! Miracle, die bekende Amerikaanse swemklerereeks, se 2012/2013-reekshet pas in Suid-Africa aangeland. Hierdie gewilde reeks wat vroue van alle groottes prysenswaardige “vormbeheer” bied, lyk soos ‘n wonderwerk – vandaar doe naam “Miraclesuit”.

Miraclesuit vlei naruurlike kurwes en is bekend daarvoor dat die swemklere vroue tot 5kg ligter kan laat lyk. Die unieke swemklere vorm, verslank en bied fermheid aan die liggaam. Hierdie wonderpakkie het drie maal die “intrekvermoe” van ‘n gewone swembrook, danksy die innoverende Miratex-materiaal wat drie maal soveel rekbararhied as lycra bevat. Die wonderwerk begin in die ontwerp, aangesien elke swembroek noukeurig gesny word. Verder gebruik Miraclesuit die beste bra-ondersteuningstegnologie om elke vrou die selfvertroue to gee om op die strand of langs die swembad te ontspan.